Hoendervleis

WELKOM BY

‘n Splinternuwe reeks vir dapper jong lesers tussen 5 en 8 jaar oud,
waar elke bladsy jou hoendervleis gee!

Reeks 1 van Hoendervleis bestaan uit klassieke kinderverhale, maar met groot koue rillings! Ontmoet ou bekendes… soos jy hulle nog nooit gesien het nie.

In Jan en die Monster boontjierank… van vernietiging, ontvang Jan vyf gloeiende groen bone van ‘n geheimsinnige ou man. Toe Jan dit perongeluk plant onder ’n volmaan, is dit die begin van ’n avontuur… wat dalk sy laaste een kan wees.

Wat daarná gebeur, sal jou nagmerries vol groen blare, stukkende speelgoed en bene maak… kruip nader as jy durf!

In Die Gemmerbroodmannetjie het ’n eensame bakker iets gebak wat nooit gebak moes word nie. Iets wat hardloop. Iets wat lag. Sommige sê hy is geëet. Ander sê… jy is dalk volgende. Kruip nader as jy durf!

“Hardlooop, hardloop so vinnig soos jy kan… ek gee jou
rillings – ek is die Gemmerbroodman!”

In Ou oom Nico het ‘n plaas verander alles skielik een aand. Die wind waai en die mis rol dik oor die lande. Eers die varke, toe die hoenders en die koeie.

Ou oom Nico, sy vrou en hul twee seuns moet vinnig uitvind wat fout is op die plaas voor dit te laat is. Of is dit alreeds te laat?
Kruip nader as jy durf!

“Ou oom Nico het ‘n plaas.. hee haa hee haa… Of.. A-OH A-OH… OU NEE!”

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop